TRANSFORMATIONS

(CLICK TO VIEW)

CLIENT TESTIMONIALS

So ek kom nou al saam die KG fit span vir amper 8 maande, en ek kan maklik sê dat dit 'n baie goeie besluit in my lewe was... Ek was nog altyd redelik aktief gewees, ek het sport gedoen op skool en op universiteit het ek probeer om aktief te bly, toe ek vas begin werk het, het ek dit ook 'n prioriteit probeer maak om hard te oefen en reg te eet, maar soos al die vorige probeerslae het ek goed begin maar kon ek dit nie volhou nie....

En so ongeveer 8 maande terug het ek op 'n punt gekom waar ek regtig niks meer geoefen het nie en ek het regtig net motivering en 'n tipe van 'n mentor nodig gehad, en so asof dit gestuur was het ek gesien op facebook iemand beveel vir Karen sterk aan....
Ek het haar dadelik gekontak en deel geword van haar Kg fit groepie.

Van dag 1 af was sy SO toeganklik, met elke vraag wat ek haar mee gebombardeer het, het sy my so mooi probeer help en touwys maak..waar ek al die jare gedink het ek weet hoe om 'n squat te doen weet ek nou ( nadat Karen my gereeld moes herinner)as jy opkom moet jy daai boude squeeze😁 Waar ek altyd gedink het ek weet hoe om oefeninge te doen help sy my so mooi dat my vorm reg is sodat mens die spiergroep reg oefen.

Sy werk ook vir my eetplanne uit elke maand en pas dit aan volgens hoe ek vorder en sodat my liggaam my doelwitte beter kan bereik...en selfs met al die vrae oor my eetplanne het sy my altyd baie gehelp en al my vrae vir my beantwoord... Ek is nogsteeds nie so gedissiplineerd as wat ek moet wees nie maar Karen sal my altyd motiveer en herinner aan my doelwitte...

As ek aan Karen dink dan dink ek dadelik aan die volgende quotes: •The Body achieves what the mind believes
•You don't get what you wish for, you get what you work for.
•The pain you feel today is the strenght you will feel tomorrow

•Slow progress is better than no progress
•Fall in love with taking good care of your body
•Be the best version of you
•Work out, eat well, be patient, your body will reward you Nie net lewe sy so nie, maar probeer sy dit vir al haar dames en kliente leer, sy is 'n warrior en 'n ware toonbeeld van iemand wat nooit opgee nie, al het die lewe haar al rede gegee...

En behalwe vir Karen, is elke liewe dame wat saam my bootcamp vir my so 'n groot inspirasie, ek is omtrent een van die enigste dames wat ongetroud en sonder kinders is, en dis so groot motivering vir my om al hierdie mammas saam my te sien elke dag, wat tyd maak in hulle besige skedules om nogsteeds goed te lyk, ek hoop en droom dat dit eendag in die toekoms ook my leefstyl gaan wees...

Kg Fit het my so baie geleer, nie net het ek awesome nuwe vriendinne gemaak, 'n wonderlike health en fitness coach gekry nie maar dit het my geleer om nooit op te gee nie en geduldig te wees want goeie dinge vat tyd…..

Maar soos dit in Kg F;t se leuse staan: I'm not done yet....

 - Annari du Toit

Die aakligste tyd van my lewe was na my swangerskap, ek het vreeslik gewig op getel. Vir my was dit 'n straf om vir myself in die spieël te kyk.
Vanaf April het my lewe verander, binne 3 maande kon ek weer in klere pas wat ek nie eers voor my swangerskap kon dra nie. Ek is nog ver van my doel gewig af maar ek begin weer goed voel oor myself. Te danke aan Karen

 - Michelle Botha